Eségiël 28:3-11 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

3. kyk, jy is wyser as Daniël, alles wat verborge is, is vir jou nie te duister nie!

4. Deur jou wysheid en deur jou verstand het jy vir jou rykdom verkry, ja, jy het goud en silwer in jou skatkamers verwerf;

5. deur die grootheid van jou wysheid in jou koophandel het jy jou rykdom vermeerder, en jou hart het hoogmoedig geword deur jou rykdom;

6. daarom, so sê die Here Here: Omdat jy jou hart gemaak het soos die hart van ’n god,

7. daarom, kyk, Ek bring vreemdes oor jou, die geweldigste nasies, en hulle sal hul swaarde trek teen die skoonheid wat jou wysheid verwerf het, en jou glans ontheilig.

8. In die kuil sal hulle jou laat neerdaal, en jy sal in die hart van die seë die bittere dood sterwe van een wat verslaan is.

9. Sal jy werklik sê, in die aangesig van hom wat jou doodmaak: Ek is ’n god! — terwyl jy tog ’n mens is in die hand van hulle wat jou deurboor, en geen god nie?

10. Jy sal die dood van onbesnedenes sterwe, deur die hand van vreemdes; want Ek het dit gesê, spreek die Here Here.

11. Verder het die woord van die Here tot my gekom en gesê:

Eségiël 28