Eségiël 28:1-3 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. VERDER het die woord van die Here tot my gekom en gesê:

2. Mensekind, sê aan die vors van Tirus: So spreek die Here Here: Omdat jou hart hoogmoedig was en jy gesê het: Ek is ’n god, ek bewoon ’n godewoning in die hart van die seë — terwyl jy tog ’n mens is en geen god nie — en jou hart gemaak het soos die hart van ’n god;

3. kyk, jy is wyser as Daniël, alles wat verborge is, is vir jou nie te duister nie!

Eségiël 28