Eségiël 27:34-36 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

34. Nou is jy verbreek van die see af in die dieptes van die waters; jou koopware en jou hele menigte het saam met jou weggesink.

35. Al die inwoners van die kuslande staan verbaas oor jou, en hulle konings huiwer van skrik, met donker aangesigte.

36. Die handelaars onder die volke spot oor jou; jy het ’n verskrikking geword en sal daar nie meer wees tot in ewigheid nie.

Eségiël 27