Eségiël 24:9-11 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

9. Daarom, so sê die Here Here: Wee die bloedstad! Ék sal ook die houtstapel groot maak.

10. Dra baie hout aan, steek die vuur aan, maak gaar die vleis en roer die sous en laat die bene braai.

11. En laat dit leeg op sy kole staan, dat dit warm kan word en sy koper kan gloei en sy onreinheid kan smelt in hom — sy roes verteer kan word.

Eségiël 24