Eségiël 17:1-3 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN die woord van die Here het tot my gekom en gesê:

2. Mensekind, gee ’n raaisel op aan die huis van Israel en dra ’n gelykenis voor

3. en sê: So spreek die Here Here: Die groot arend met groot vleuels, met lang vlerke, vol vere wat veelkleurig was, het na die Líbanon gekom en die top van die seder weggeneem.

Eségiël 17