Eségiël 13:20-23 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

20. Daarom, so sê die Here Here: Kyk, Ek het dit teen julle bande waarmee julle die siele vang soos voëls, en Ek sal hulle van julle arms afskeur; en Ek sal die siele losmaak, die siele wat julle vang soos voëls.

21. Ek sal ook julle sluiers skeur en my volk uit julle hand red, sodat hulle nie meer ’n buit in julle hand sal wees nie; en julle sal weet dat Ek die Here is.

22. Omdat julle met leuens die hart van die regverdige droewig gemaak het — terwyl Ek hom geen smart aangedoen het nie — en die hande van die goddelose versterk het, dat hy van sy slegte weg nie sou terugkeer, om hom in die lewe te hou nie;

23. daarom sal julle geen bedrieglike gesigte meer sien en geen waarsêery meer drywe nie; maar Ek sal my volk uit julle hand red, en julle sal weet dat Ek die Here is.

Eségiël 13