6. Voor hulle oë moet jy dit op die skouer dra, in die pikdonker moet jy dit uitbring; jou aangesig moet jy bedek, sodat jy die land nie sien nie; want Ek maak jou tot ’n sinnebeeld vir die huis van Israel.
7. Ek het toe gedoen soos my beveel is: ek het my goed oordag uitgebring soos die goed wat vir ’n ballingskap nodig is; en in die aand het ek met my hand vir my ’n gat in die muur gebreek; in die pikdonker het ek dit uitgebring, dit op die skouer voor hulle oë gedra.
8. Toe kom die woord van die Here tot my in die môre en sê:
9. Mensekind, het die huis van Israel, die wederstrewige huis, nie vir jou gesê: Wat maak jy daar nie?
10. Sê vir hulle: So spreek die Here Here: Hierdie las sien op die vors in Jerusalem en die hele huis van Israel wat onder hulle woon.
11. Sê: Ek is julle sinnebeeld; soos ek gedoen het, so sal met hulle gedoen word: in ballingskap, in gevangenskap sal hulle gaan.