Eségiël 12:15-18 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

15. Dan sal hulle weet dat Ek die Here is, as Ek hulle onder die nasies versprei en hulle in die lande verstrooi;

16. maar Ek sal van hulle ’n klein klompie laat oorbly van die swaard, die hongersnood en die pes, sodat hulle al húlle gruwels kan vertel onder die nasies waar hulle kom; en dié sal weet dat Ek die Here is.

17. Daarna het die woord van die Here tot my gekom en gesê:

18. Mensekind, jy moet jou brood met bewing eet en jou water met siddering en kommer drink.

Eségiël 12