7. Dink daaraan, vergeet nie hoe jy die Here jou God in die woestyn vertoorn het nie; van die dag af dat jy uit Egipteland uitgetrek het, totdat julle by hierdie plek gekom het, was julle wederstrewig teen die Here.
8. Ja, by Horeb het julle die Here vertoorn, sodat die Here toornig was op julle om julle te verdelg.
9. Toe ek op die berg geklim het om die kliptafels te ontvang, die tafels van die verbond wat die Here met julle gesluit het, het ek veertig dae en veertig nagte lank op die berg gebly — brood het ek nie geëet en water nie gedrink nie —
10. en die Here het my die twee kliptafels gegee wat beskrywe was met die vinger van God, en daarop al die woorde soos die Here op die berg, uit die vuur, met julle gespreek het, op die dag van die vergadering.
11. En aan die einde van veertig dae en veertig nagte het die Here my die twee kliptafels gegee, die tafels van die verbond,