Deuteronómium 9:13-17 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

13. Verder het die Here met my gespreek en gesê: Ek het hierdie volk aangesien, en kyk, dit is ’n hardnekkige volk.

14. Laat My staan dat Ek hulle verdelg en hulle naam onder die hemel uitdelg; en Ek sal jou ’n nasie maak wat magtiger is en meer as hulle.

15. Daarop het ek omgedraai en van die berg afgeklim terwyl die berg met vuur brand, en die twee tafels van die verbond was in my twee hande.

16. Toe sien ek dat julle waarlik teen die Here julle God gesondig het; julle het vir julle ’n gegote kalf gemaak; julle het gou afgewyk van die weg wat die Here julle beveel het.

17. En ek het die twee tafels gegryp en dit uit my twee hande gegooi en dit voor julle oë verbrysel.

Deuteronómium 9