Deuteronómium 6:13-15 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

13. Jy moet die Here jou God vrees en Hom dien; en by sy Naam moet jy sweer.

14. Julle mag nie agter ander gode aan loop uit die gode van die volke wat rondom julle is nie —

15. want die Here jou God is ’n jaloerse God by jou — sodat die toorn van die Here jou God nie teen jou ontvlam en Hy jou van die aarde verdelg nie.

Deuteronómium 6