Deuteronómium 31:2-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

2. en vir hulle gesê: Ek is vandag honderd-en-twintig jaar oud; ek kan nie meer uit- en ingaan nie, en die Here het vir my gesê: Jy mag deur hierdie Jordaan nie gaan nie.

3. Die Here jou God, Hy trek voor jou oor; Hy sal hierdie nasies voor jou uit verdelg, en jy sal hulle uit hul besitting verdrywe; Josua, hy trek voor jou oor soos die Here gespreek het.

4. En die Here sal met hulle doen soos Hy met Sihon en met Og, die konings van die Amoriete, en met hulle land gedoen het, wat Hy verdelg het;

5. die Here sal hulle aan julle oorgee, en julle moet met hulle handel geheel en al volgens die gebod wat ek julle beveel het.

6. Wees sterk en vol moed; wees nie bevrees en word nie verskrik vir hulle nie; want dit is die Here jou God wat saam met jou trek; Hy sal jou nie begewe of verlaat nie.

Deuteronómium 31