1. DAARNA het Moses gegaan en die hele Israel met hierdie woorde toegespreek
2. en vir hulle gesê: Ek is vandag honderd-en-twintig jaar oud; ek kan nie meer uit- en ingaan nie, en die Here het vir my gesê: Jy mag deur hierdie Jordaan nie gaan nie.
3. Die Here jou God, Hy trek voor jou oor; Hy sal hierdie nasies voor jou uit verdelg, en jy sal hulle uit hul besitting verdrywe; Josua, hy trek voor jou oor soos die Here gespreek het.
4. En die Here sal met hulle doen soos Hy met Sihon en met Og, die konings van die Amoriete, en met hulle land gedoen het, wat Hy verdelg het;