Deuteronómium 28:14-16 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

14. en jy nie regs of links afwyk van al die woorde wat ek julle vandag beveel, om agter ander gode aan te loop om hulle te dien nie.

15. Maar as jy nie luister na die stem van die Here jou God, om sorgvuldig te hou al sy gebooie en sy insettinge wat ek jou vandag beveel nie, dan sal al hierdie vloeke oor jou kom en jou inhaal.

16. Vervloek sal jy wees in die stad, en vervloek sal jy wees in die veld.

Deuteronómium 28