Deuteronómium 28:1-3 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. AS jy dan goed luister na die stem van die Here jou God om sorgvuldig te hou al sy gebooie wat ek jou vandag beveel, dan sal die Here jou God jou die hoogste stel bo al die nasies van die aarde.

2. En al hierdie seëninge sal oor jou kom en jou inhaal as jy luister na die stem van die Here jou God.

3. Geseënd sal jy wees in die stad, en geseënd sal jy wees in die veld.

Deuteronómium 28