1. HY wat deur verbryseling vermink of van wie die manlike deel afgesny is, mag in die vergadering van die Here nie kom nie.
2. Geen baster mag in die vergadering van die Here kom nie; selfs sy tiende geslag mag in die vergadering van die Here nie kom nie.
3. Geen Ammoniet of Moabiet mag in die vergadering van die Here kom nie; selfs hulle tiende geslag mag nooit in die vergadering van die Here kom nie;
4. omdat hulle julle, by jul uittog uit Egipte, nie met brood en water op die pad tegemoetgekom het nie; en omdat hy Bíleam, die seun van Beor, uit Petor in Mesopotámië, teen jou gehuur het om jou te vloek.
5. Maar die Here jou God wou nie na Bíleam luister nie; maar die Here jou God het vir jou die vloek in ’n seën verander, omdat die Here jou God jou liefgehad het.