Deuteronómium 14:9-18 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

9. Dit mag julle eet van alles wat in die water is: alles wat vinne en skubbe het, mag julle eet.

10. Maar alles wat geen vinne en skubbe het nie, mag julle nie eet nie — onrein is dit vir julle.

11. Al die rein voëls mag julle eet.

12. Maar dít is wat julle uit hulle nie mag eet nie: die arend en die lammervanger en die aasvoël;

13. en die kuikendief en die valk en die gier na sy soorte;

14. en elke kraai na sy soorte;

15. en die volstruis en die naguil en die seemeeu en die kleinvalk na sy soorte;

16. en die steenuil en die steunuil en die silweruil;

17. en die pelikaan en die kleinaasvoël en die visvanger;

18. en die groot-sprinkaanvoël en die reier na sy soorte, en die hoep-hoep en die vlermuis.

Deuteronómium 14