Deuteronómium 14:1-4 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. JULLE is kinders van die Here julle God; julle mag julle ter wille van ’n dooie nie stukkend kerwe of ’n kaalte tussen julle oë maak nie.

2. Want jy is ’n volk heilig aan die Here jou God, en jou het die Here uitverkies om sy eiendomsvolk te wees uit al die volke wat op die aarde is.

3. Jy mag niks eet wat ’n gruwel is nie.

4. Dit is die diere wat julle mag eet: ’n bees, ’n skaap en ’n bok;

Deuteronómium 14