5. Ja, dit is die Here Here van die leërskare wat die aarde aanraak, sodat dit bewe en almal treur wat daarop woon; en dit sal in sy geheel oprys soos die Nyl en wegsak soos die rivier van Egipte.
6. Dit is Hy wat sy solders in die hemele bou en sy hemelgewelf bo die aarde vestig, wat die waters van die see roep en dit uitgiet oor die aardbodem, Here is sy Naam!
7. Is julle nie vir My soos die kinders van Kus nie, o kinders van Israel? spreek die Here. Het Ek Israel nie laat optrek uit Egipteland en die Filistyne uit Kaftor en die Arameërs uit Kir nie?
8. Kyk, die oë van die Here Here is gerig teen die sondige koninkryk, en Ek sal dit van die aardbodem verdelg; maar Ek sal die huis van Jakob nie heeltemal verdelg nie, spreek die Here.
9. Want kyk, Ek gee bevel en sal die huis van Israel onder al die nasies skud soos in ’n sif geskud word, maar daar sal geen korrel op die grond val nie.