Amos 8:12-14 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

12. En hulle sal swerwe van see tot see en rondslinger van noord na oos, om na die woord van die Here te soek, maar hulle sal dit nie vind nie.

13. In dié dag sal die mooi jongedogters en die jongmanne van dors beswyk —

14. hulle wat sweer by die skuld van Samaría, en ook sê: So waar as jou god leef, o Dan! en: So waar as die weg van Berséba leef! En hulle sal val en nie weer opstaan nie.

Amos 8