Amos 5:1-7 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. HOOR hierdie woord wat Ek oor julle as klaaglied aanhef, o huis van Israel!

2. Die jonkvrou van Israel het geval, sy sal nie weer opstaan nie; neergewerp lê sy op haar land, niemand rig haar op nie.

3. Want so sê die Here Here: Die stad wat met duisend uitgetrek het, hou honderd oor; en die wat met honderd uitgetrek het, hou tien oor vir die huis van Israel.

4. Want so sê die Here aan die huis van Israel: Soek My, dan sal julle lewe!

5. Maar soek Bet-el nie, en kom nie na Gilgal nie en trek nie deur na Berséba nie. Want Gilgal sal gewis in ballingskap gaan, en Bet-el sal tot niks word nie.

6. Soek die Here, dan sal julle lewe, sodat Hy nie teen die huis van Josef uitbreek soos ’n vuur wat verteer sonder dat iemand dit vir Bet-el kan blus nie.

7. Julle wat die reg in wildeals verander en die geregtigheid teen die grond gooi!

Amos 5