9. So sê die Here: Oor drie oortredinge van Tirus, ja, oor vier, sal Ek dit nie afwend nie; omdat hulle ’n ganse bevolking as ballinge aan Edom uitgelewer het en nie gedink het aan die broederverbond nie.
10. Daarom sal Ek ’n vuur slinger in die muur van Tirus, en dit sal sy paleise verteer.
11. So sê die Here: Oor drie oortredinge van Edom, ja, oor vier, sal Ek dit nie afwend nie; omdat hy sy broer met die swaard agtervolg het en sy jammergevoel verstik het, sodat sy toorn altyd verskeur en hy gedurigdeur sy grimmigheid behou.
12. Daarom sal Ek ’n vuur slinger in Teman, en dit sal die paleise van Bosra verteer.