3 Johannes 1:11-13 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

11. Geliefde, moenie navolg wat kwaad is nie, maar wat goed is. Hy wat goed doen, is uit God; maar hy wat kwaad doen, het God nie gesien nie.

12. Van Demétrius is deur almal getuienis gegee en deur die waarheid self; en ons getuig ook, en julle weet dat ons getuienis waar is.

13. Ek het baie dinge gehad om te skrywe, maar ek wil nie met ink en pen aan jou skryf nie.

3 Johannes 1