2 Timótheüs 1:16-18 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

16. Mag die Here aan die huis van Onesíforus barmhartigheid bewys, want hy het my dikwels verkwik en hom oor my kettings nie geskaam nie;

17. maar toe hy in Rome gekom het, het hy my baie ywerig gesoek en gevind.

18. Mag die Here hom skenk dat hy barmhartigheid mag verkry van die Here in dié dag! En jy weet baie goed hoeveel dienste hy in Éfese bewys het.

2 Timótheüs 1