2 Samuel 7:1-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN terwyl die koning in sy huis woon, nadat die Here hom rus gegee het van al sy vyande rondom,

2. sê die koning vir die profeet Natan: Kyk tog, ék woon in ’n huis van sederhout, maar die ark van God woon binnekant ’n tentdoek.

3. Toe sê Natan aan die koning: Gaan heen, doen alles wat in u hart is, want die Here is met u.

4. Maar in dieselfde nag kom die woord van die Here tot Natan en sê:

5. Gaan sê aan my kneg, aan Dawid: So spreek die Here: Sou jý vir My ’n huis bou om in te woon?

6. Ek het tog in geen huis gewoon van die dag af dat Ek die kinders van Israel uit Egipte laat optrek het tot vandag toe nie; maar Ek het rondgetrek in ’n tentwoning.

2 Samuel 7