30. Joab dan en Abísai, sy broer, het Abner vermoor, omdat hy hulle broer Ásahel by Gíbeon in die geveg gedood het.
31. Verder het Dawid aan Joab en al die mense wat by hom was, gesê: Skeur julle klere en gord rouklere aan en rouklaag voor Abner uit! En koning Dawid het agter die baar aan gegaan.
32. Toe hulle Abner in Hebron begrawe, het die koning sy stem verhef en geween by die graf van Abner; die hele volk het ook geween.
33. En die koning het ’n klaaglied oor Abner aangehef en gesê: Moes Abner sterwe soos ’n dwaas sterwe?
34. Jou hande was nie gebind en jou voete nie aangeraak met koperkettings nie. Soos ’n mens voor kwaaddoeners val, het jy geval. En die hele volk het nog meer oor hom geween.