2 Samuel 22:35-38 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

35. Hy leer my hande om oorlog te voer, sodat my arms ’n koperboog span.

36. En U het my die skild van u uitredding gegee, en u neerbuigende goedheid het my groot gemaak.

37. U het my voetstap onder my ruim gemaak, en my enkels het nie gewankel nie.

38. Ek het my vyande agtervolg en hulle verdelg en nie teruggekom voordat ek hulle vernietig het nie.

2 Samuel 22