2 Samuel 13:37-39 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

37. Maar Absalom het gevlug en na Talmai, die seun van Ammíhur, die koning van Gesur, gegaan. En Dawid het al die dae gerou oor sy seun.

38. En Absalom het gevlug en na Gesur gegaan, en hy was daar drie jaar lank.

39. En die gees van koning Dawid het baie verlang om na Absalom uit te gaan, want hy het homself getroos oor Amnon, dat hy dood was.

2 Samuel 13