17. So het Hy dan die koning van die Chaldeërs teen hulle laat optrek, en dié het hulle jongmanne met die swaard in die huis van hulle heiligdom gedood en geen jongman of jongmeisie, oue of gryse, verskoon nie: Hy het alles in sy hand gegee.
18. En al die voorwerpe van die huis van God, groot en klein, en die skatte van die huis van die Here en die skatte van die koning en van sy vorste, alles het hy na Babel gebring.
19. En hulle het die huis van God verbrand en die muur van Jerusalem omgegooi en al die paleise daarvan met vuur verbrand, sodat al die kosbare voorwerpe daarvan vernietig is.
20. En die wat van die swaard oorgebly het, het hy na Babel in ballingskap weggevoer, en hulle het vir hom en sy seuns slawe geword, totdat die koninkryk van Persië tot heerskappy gekom het,