9. Want as julle jul tot die Here bekeer, sal julle broers en julle kinders barmhartigheid vind voor die wat hulle as gevangenes weggevoer het, sodat hulle na hierdie land kan terugkom; want die Here julle God is genadig en barmhartig, en Hy sal die aangesig van julle nie afwend nie as julle jul tot Hom bekeer.
10. Maar toe die hardlopers van stad tot stad die land Efraim en Manasse deurgaan tot by Sébulon, het hulle hul uitgelag en met hul gespot.
11. Maar manne uit Aser en Manasse en Sébulon het hulle verootmoedig en na Jerusalem gekom.
12. Ook was die hand van God in Juda, sodat Hy hulle ’n eensgesinde hart gegee het om die gebod van die koning en van die owerstes volgens die woord van die Here uit te voer.
13. En baie mense het in Jerusalem byeengekom om die fees van die ongesuurde brode in die tweede maand te hou, ’n baie groot vergadering.
14. En hulle het hul gereedgemaak en die altare verwyder wat in Jerusalem was; ook al die wierookaltare het hulle verwyder en in die spruit Kidron gegooi.
15. Toe het hulle die pasga geslag op die veertiende van die tweede maand; en die priesters en die Leviete het hulle geskaam en hulle geheilig en die brandoffers in die huis van die Here gebring.