2 Kronieke 28:1-4 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. AGAS was twintig jaar oud toe hy koning geword het, en sestien jaar het hy in Jerusalem geregeer en nie gedoen wat reg was in die oë van die Here soos sy vader Dawid nie.

2. Maar hy het gewandel in die weë van die konings van Israel en selfs gegote beelde vir die Baäls gemaak.

3. Hy het self ook offerrook in die dal van die seun van Hinnom laat opgaan en sy seuns met vuur verbrand, volgens die gruwels van die nasies wat die Here voor die kinders van Israel uit verdryf het.

4. Hy het ook geoffer en rook laat opgaan op die hoogtes en op die heuwels en onder elke groen boom.

2 Kronieke 28