2 Kronieke 27:6-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

6. En Jotam het magtig geword, want hy het sy weë gerig voor die aangesig van die Here sy God.

7. En die verdere geskiedenis van Jotam en al sy oorloë en sy ondernemings, kyk, dit is beskrywe in die Boek van die konings van Israel en Juda.

8. Hy was vyf-en-twintig jaar oud toe hy koning geword het, en sestien jaar het hy in Jerusalem geregeer.

9. En Jotam het ontslaap met sy vaders, en hy is begrawe in die stad van Dawid; en sy seun Agas het in sy plek koning geword.

2 Kronieke 27