2 Kronieke 19:1-5 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. MAAR toe Jósafat, die koning van Juda, behoue na sy huis in Jerusalem terugkom,

2. het die siener Jehu, die seun van Hanáni, uitgegaan hom tegemoet, en aan koning Jósafat gesê: Moet ’n mens die goddelose help, en het u lief die wat die Here haat? Daarom kom daar nou ’n toorn op u van die Here.

3. Tog is daar goeie dinge by u gevind, want u het die heilige boomstamme uit die land uitgeroei en u hart daarop gerig om God te soek.

4. En Jósafat het in Jerusalem gewoon, en hy het weer uitgegaan onder die volk, van Berséba af tot by die gebergte van Efraim, en hulle laat terugkeer tot die Here, die God van hulle vaders.

5. En hy het regters aangestel in die land, in al die versterkte stede van Juda, in elke stad.

2 Kronieke 19