2 Kronieke 14:12-15 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

12. En die Here het die Kusiete voor Asa en Juda verslaan, en die Kusiete het gevlug.

13. En Asa en die manskappe wat by hom was, het hulle agtervolg tot by Gerar; en van die Kusiete het soveel geval, dat daar vir hulle geen herstel moontlik was nie; want hulle was gebreek voor die aangesig van die Here en voor sy leër. En hulle het ’n baie groot buit geneem;

14. en al die stede rondom Gerar oorweldig; want die skrik vir die Here was op hulle. En hulle het al die stede geplunder, want daar was ’n groot buit in.

15. Hulle het ook die tente met die vee oorweldig en kleinvee in menigte en kamele weggevoer. Daarna het hulle na Jerusalem teruggekeer.

2 Kronieke 14