1. EN Rehábeam het na Sigem gegaan, want die hele Israel het na Sigem gekom om hom koning te maak.
2. En net toe Jeróbeam, die seun van Nebat, dit hoor — hy was in Egipte waarheen hy vir koning Salomo weggevlug het — het Jeróbeam uit Egipte teruggekom.
3. En hulle het gestuur en hom laat roep. Toe kom Jeróbeam met die hele Israel, en hulle het Rehábeam toegespreek en gesê:
4. U vader het ons juk hard gemaak; maak u dan nou die harde diens van u vader en sy swaar juk wat hy ons opgelê het, ligter; dan sal ons u dien.
5. En hy sê vir hulle: Kom oor drie dae na my terug. En die volk het gegaan.
6. Daarop hou koning Rehábeam raad met die oudstes wat voor sy vader Salomo gedurende sy lewe gestaan het, en hy vra: Wat raai u aan om hierdie volk te antwoord?
7. En hulle het met hom gespreek en gesê: As u vir hierdie volk goed is en hulle behaag en hulle met vriendelike woorde toespreek, sal hulle altyd u dienaars wees.