2 Korinthiërs 5:4-7 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

4. Want ons wat nog in die tent is, sug en voel beswaard, omdat ons liewer nie ontklee nie, maar oorklee wil word, sodat die sterflike deur die lewe verslind kan word.

5. Maar Hy wat ons juis hiervoor toeberei het, is God, wat ons ook die Gees as onderpand gegee het.

6. Daarom het ons altyd goeie moed en weet dat as ons in die liggaam inwoon, ons van die Here uitwoon.

7. Want ons wandel deur geloof en nie deur aanskouing nie.

2 Korinthiërs 5