2 Korinthiërs 13:9-11 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

9. Want ons is bly as ons swak is en julle sterk. En hierom bid ons ook, naamlik om julle volmaking.

10. Daarom skryf ek dit in my afwesigheid om nie, as ek teenwoordig is, strengheid te gebruik nie, volgens die gesag wat die Here my gegee het om op te bou en nie om af te breek nie.

11. Verder, broeders, wees bly; word volmaak; laat julle vermaan; wees eensgesind; hou vrede, en die God van liefde en vrede sal met julle wees.

2 Korinthiërs 13