2 Korinthiërs 12:1-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. DIT is waarlik vir my nie nuttig om te roem nie, want ek sal kom tot gesigte en openbaringe van die Here.

2. Ek weet van ’n man in Christus, veertien jaar gelede — of dit in die liggaam was, weet ek nie, of buite die liggaam, weet ek nie, God weet dit — dat so iemand weggeruk is tot in die derde hemel.

3. En ek weet van so ’n man — of dit in die liggaam of buite die liggaam was, weet ek nie, God weet dit —

4. dat hy weggeruk is in die Paradys en onuitspreeklike woorde gehoor het wat ’n mens nie mag uitspreek nie.

5. Oor so ’n man sal ek roem, maar oor myself sal ek nie roem nie, behalwe in my swakhede.

6. Want as ek sou wil roem, sou ek nie ’n dwaas wees nie, want ek sou die waarheid praat; maar ek laat dit ná, sodat niemand my hoër mag skat as wat hy van my sien of wat hy van my hoor nie.

2 Korinthiërs 12