2 Korinthiërs 1:14-19 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

14. soos julle ook gedeeltelik van ons verstaan het dat ons julle roem is, net soos julle ook ons roem is in die dag van die Here Jesus.

15. En in hierdie vertroue wou ek vroeër na julle kom, dat julle ’n tweede genade kan ontvang,

16. en by julle langs deurgaan na Macedónië, om weer van Macedónië af by julle te kom en deur julle voortgehelp te word na Judéa.

17. Het ek dan miskien ligsinnig gehandel toe ek my dit voorgeneem het? Of wat ek my voorneem, neem ek my dit voor na die vlees sodat by my tegelyk is: ja ja, en nee nee?

18. So waar as God getrou is — ons woord tot julle was nie ja en nee nie!

19. Want die Seun van God, Jesus Christus, wat deur ons onder julle verkondig is, deur my en Silvánus en Timótheüs, was nie ja en nee nie, maar was ja in Hom.

2 Korinthiërs 1