2 Konings 9:22-25 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

22. En net toe Joram Jehu sien, sê hy: Is dit vrede, Jehu? Maar hy antwoord: Wat? Vrede, solank as die hoererye van jou moeder Isébel en haar towerye so baie is?

23. Toe ruk Joram om en vlug en sê vir Ahásia: Verraad, Ahásia!

24. Maar Jehu het die boog gespan en Joram tussen sy arms geskiet, sodat die pyl deur sy hart uitgegaan en hy in sy wa inmekaargesak het.

25. Daarop sê hy aan sy adjudant Bidkar: Tel op, gooi hom op die stuk grond van Nabot, die Jisreëliet; want onthou hoe ek en jy saam langs mekaar agter sy vader Agab gery het en die Here oor hom hierdie uitspraak gegee het:

2 Konings 9