2 Konings 4:15-21 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

15. En hy sê: Roep haar. En toe hy haar geroep en sy in die deur gaan staan het,

16. sê hy: Sulke tyd oor ’n jaar sal jy ’n seun omhels. En sy antwoord: Ag nee, my heer, man van God, moenie vir u dienares lieg nie!

17. En die vrou het swanger geword en ’n seun gebaar op daardie tyd oor ’n jaar, soos Elísa met haar gespreek het.

18. Maar toe die kind groot was, het hy op ’n dag uitgegaan na sy vader, na die maaiers,

19. en vir sy vader gesê: My kop, my kop! Dié sê toe vir ’n dienaar: Dra hom na sy moeder.

20. En hy het hom gedra en by sy moeder gebring. En hy het op haar knieë gesit tot die middag en gesterwe.

21. En sy het opgeklim en hom op die bed van die man van God neergelê en agter hom toegesluit en uitgegaan.

2 Konings 4