2 Konings 2:1-2 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN toe die Here Elía in ’n storm na die hemel sou opneem, het Elía met Elísa uit Gilgal uitgegaan.

2. En Elía het vir Elísa gesê: Bly tog hier, want die Here stuur my na Bet-el. Maar Elísa het gesê: So waar as die Here leef en u siel leef, ek sal u nie verlaat nie! En hulle het na Bet-el afgegaan.

2 Konings 2