1. DIT is ’n betroubare woord: as iemand na ’n opsienersamp verlang, begeer hy ’n voortreflike werk.
2. ’n Opsiener dan moet onberispelik wees, die man van een vrou, nugter, ingetoë, fatsoenlik, gasvry, bekwaam om te onderrig;
3. geen drinker, geen vegter, geen vuilgewinsoeker nie, maar vriendelik; geen strydlustige, geen geldgierige nie;
4. een wat sy eie huis goed regeer en sy kinders met alle waardigheid in onderdanigheid hou.
5. Maar as iemand nie weet om sy eie huis te regeer nie, hoe sal hy vir die gemeente van God sorg dra?
6. Hy moet nie ’n nuweling wees nie, sodat hy nie verwaand word en in dieselfde oordeel as die duiwel val nie.