1 Timótheüs 2:1-5 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. IN die eerste plek vermaan ek dan dat smekinge, gebede, voorbedes, danksegginge gedoen moet word vir alle mense;

2. vir konings en almal wat hooggeplaas is, sodat ons ’n rustige en stil lewe kan lei in alle godsvrug en waardigheid.

3. Want dit is goed en aangenaam voor God, ons Verlosser,

4. wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom.

5. Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus,

1 Timótheüs 2