1 Thessalonicense 3:1-3 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. DAAROM, toe ons dit nie langer kon uithou nie, het ons besluit om in Athéne alleen agter te bly;

2. en ons het Timótheüs, ons broeder en dienaar van God en ons medewerker in die evangelie van Christus, gestuur om julle te versterk en julle te bemoedig in julle geloof,

3. sodat niemand verontrus mag word onder hierdie verdrukkinge nie; want julle weet self dat ons hiervoor bestemd is.

1 Thessalonicense 3