1. JULLE weet tog self, broeders, dat ons ingang by julle nie tevergeefs was nie;
2. maar alhoewel ons vantevore, soos julle weet, in Filíppi gely het en mishandel is, het ons in onse God vrymoedigheid gehad om aan julle die evangelie van God te verkondig onder veel stryd.
3. Want ons vermaning was nie uit dwaling of uit onsuiwerheid of uit bedrog nie;