1 Samuel 7:15-17 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

15. En Samuel was rigter oor Israel al die dae van sy lewe.

16. Hy het van jaar tot jaar rondgetrek na Bet-el en Gilgal en Mispa, en Israel op al hierdie plekke gerig.

17. Dan gaan hy na Rama terug, want daar was sy huis; en daar het hy Israel gerig en daar vir die Here ’n altaar gebou.

1 Samuel 7