1 Samuel 23:8-10 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

8. Daarom het Saul al die manskappe vir die geveg opgeroep om af te trek na Kehíla ten einde Dawid en sy manne in te sluit.

9. Toe Dawid gewaar dat Saul onheil teen hom beraam, sê hy aan die priester Ábjatar: Bring die skouerkleed nader.

10. En Dawid sê: Here, God van Israel, u kneg het verseker gehoor dat Saul na Kehíla wil trek om die stad om my ontwil te verwoes.

1 Samuel 23