20. Maar een van die seuns van Ahiméleg, die seun van Ahítub, het vrygeraak, en sy naam was Ábjatar; hy het agter Dawid aan gevlug.
21. Toe Ábjatar aan Dawid vertel dat Saul die priesters van die Here vermoor het,
22. sê Dawid vir Ábjatar: Ek het daardie dag toe Doëg, die Edomiet, daar was, geweet dat hy dit sekerlik aan Saul sou vertel. Ek is die oorsaak van die dood van al die lede van u familie.