8. En haar man Élkana sê vir haar: Hanna, waarom ween jy? en waarom eet jy nie? en waarom is jou hart bedroef? Is ek vir jou nie beter as tien seuns nie?
9. Toe staan Hanna op nadat hulle geëet en nadat hulle gedrink het in Silo, terwyl die priester Eli op die stoel sit by die deurpos van die tempel van die Here.
10. En bitter bedroef het sy tot die Here gebid en bitterlik geween;
11. en sy het ’n gelofte gedoen en gesê: Here van die leërskare, as U waarlik die ellende van u diensmaagd aansien en aan my dink en u diensmaagd nie vergeet nie, maar u diensmaagd ’n manlike kind skenk, dan sal ek hom aan die Here gee al die dae van sy lewe; en geen skeermes sal op sy hoof kom nie.